Potlood

Punt van 'n potlood
'n Paar potlode

'n Potlood is 'n toestel waarmee daar op papier en ander oppervlaktes geskryf, geteken of gemerk word. 'n Potlood bestaan uit 'n stafie (of "lood") van klei en grafiet met 'n omhulsel van hout. As die potlood stomp word, word 'n skerpmaker gebruik om die stafie se punt van die hout te ontbloot. 'n Uitveër kan gebruik word om foute uit te vee en reg te stel.

Die stafie laat sigbare merke en strepe soos dit oor papier getrek word. Meeste potlode gee 'n silwer-grys kleur af, maar mens kry ook gekleurde potlode. Hierdie potlode word hoofsaaklik gebruik om mee te teken en in te kleur, eerder as om mee te skryf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search